Kennisgewing aan Volksgenote

by

Die Versoek om Herstel van Status en  ZABR Kulturele Identiteitsdokument proses is byna gereed en sal binnekort uitgerol word.

Hierdie is ’n baie belangrike proses vir die Zuid-Afrikaansche Boervolk. Dit het langer geneem as wat ons aanvanklik verwag het, juis omdat dit deeglik, ordelik en in lyn met  beginsels en riglyne gedoen moet word.

Ons bedank elke volksgenoot opreg vir u geduld, vertroue en standvastigheid gedurende hierdie tyd. Dit is nou belangriker as ooit vir ons volk se voortbestaan, dat diegene wat bymekaar behoort, hulself in eenheid by mekaar voeg.

Die Tydelike Adviesraad sal binnekort 'n amptelike Openbare Kennisgewing in die verband en verdere besonderhede bekend maak.

Mag die Almagtige ons lei, behoed en bewaar - om vir HOM 'n volk te wees.

Tydelike Adviesraad
Zuid-Afrikaansche Boer Republieke