Volksgenoot

Wie is ’n Volksgenoot van die Zuid‑Afrikaansche Boervolk?

Om dié vraag te beantwoord, moet ons eers vasstel, wie ’n Boer is asook wie is die Boervolk. Die Boervolk het sy wortels in Protestantse Europa en sluit afstammelinge in van Germaanse, Hollandse, Franse, Engelse, Skandinawiese, Poolse, Russiese, Portugese en Slawiese oorsprong. Hulle was oorwegend veeboere, landbouers en ambagslui. Tog het ’n unieke karakter mettertyd hierdie gemeenskap gevorm, wat haar duidelik onderskei en ’n eie apartgestelde identiteit skep.

Identiteit van die Boer

’n Boer is die nasaat van die Protestantse Europeër wat, deur sy Hemelse Vader gelei, na die suidpunt van Afrika gekom het. Hy het weggedryf van slawediens onder Jan van Riebeeck en die V.O.C. se ryemessalaars Heeren XVII, van die “Cape Dutch” liberales en van vervolging vanaf sekere kerk kansels, asook van Britse oorheersing.

Hul strewe was om as ’n apartgestelde volk vrylik hul Skepper te dien; om ’n veilige tuiste vir hul nageslag te skep binne ’n eie grondgebied. In tye van groot nood het die Boervolk twee keer tot Almagtige Vader geroep waartydens hulle gebede verhoor was.

Definisie van ’n Ware Boer

’n Ware Boer is ’n diep gelowige, beginselvaste persoon wat slegs op sy Hemelse Vader se Woord steun. Hy leef sonder skaamte sy geloof uit, het ’n liefde vir sy naaste en verafsku dit wat hy as wetteloos beskou; dít wat deur sy Vader gehaat word. Die Boer‑gene en sy rasegtheid is, volgens die tradisie en Skriftuurlike fundering, diep gewortel en bring ’n besondere liefde vir die grond, die reuk van nat of droë aarde, en die natuur in al sy vorme.

Toekoms

Vandag, meen sommige, is die Boervolk “verlore” – ingesluk deur wêreldse stelsels. ’n Klein handjievol oudstryders bly egter getrou: hulle soek vryheid en waarheid, en onderrig ander om te ontwaak. Hulle glo dat hul Hemelse Vader die land weer sal suiwer en genees, en dat die Boervolk hul afhanklikheid voor Hom moet verklaar. Sy Woord is getrou en Hy beloof dat Hy hulle weer sal lei.

Die Afrikaner: ’n Misleidende Identiteit?

Nou dat u weet wie ’n Volksgenoot van die Zuid-Afrikaansche Boervolk kan wees, moet ’n belangrike kwessie aangespreek word: Waarom weet soveel mense nie dat hulle Boers is nie?

Baie Volksgenote is oor die jare mislei om te glo dat hulle Afrikaners is en behoort tot die sogenaamde Afrikanervolk. Hierdie wanopvatting is egter ver van die waarheid verwyder. Alhoewel Afrikaans ’n gemeenskaplike taal is, beteken dit nie dat almal wat dit praat aan dieselfde volk behoort nie. ’n Volk vereis, benewens ’n eie taal, ook ’n eie kultuur, geskiedenis, geloof en, baie belangrik, ’n eiesoortige etnisiteit. Die sogenaamde “Afrikanervolk” voldoen nie aan hierdie internasionaal erkende maatstawwe vir volkwees nie, en kan dus internasionaal nie as ’n volk gedefinieer word nie.

So, wie of wat is die “Afrikaner”? In eenvoud: enigiemand wat Afrikaans as moedertaal gebruik. Maar dit is ook juis die probleem – die term het ’n inklusiewe en verwaterde karakter aangeneem, wat jare lank gebruik is om die identiteit van die ware Boer te verduister en toe te eien. Deur Afrikanernasionalisme is oor dekades heen baie van die Boervolk se erfenis geassimileer: haar taal, kultuur, geskiedenis, grondgebied en identiteit is oorgedra aan ’n fiktiewe Afrikanervolk wat in wese nie kan bestaan nie.

Dit is nie slegs ’n kultuuroorname nie – dit was ook histories ’n daad van verraad. Meer as 50 000 Afrikaners het die Britte gehelp tydens die volksmoord op die Boervolk. As beloning het hulle grond gekry waarvoor die Boer duur met bloed betaal het. Na afloop van daardie volksmoord, het die Afrikaner buitelandse hulp ontvang – iets wat die vertrapte Boer ontneem is. Sedertdien is die Boervolk se soewereiniteit ondermyn, en haar regte deur ander beheer en misbruik.

Hierdie misleiding deur Afrikanernasionalisme was só effektief dat die meeste mense wat hulleself “Afrikaners” noem nie besef dat hulle eintlik Boers is nie.

’n Verdere bron van verwarring is die woord self. “Boer” (met ’n kleinletter) word dikwels verstaan as bloot ’n landbouer, terwyl “Boer” (met ’n hoofletter) veel dieper gaan – dit is ’n identiteit. Enige Boer kan ’n boer wees, maar nie elke boer is noodwendig ’n Boer nie. Daar is baie ware Boere wat nie op die land boer nie – hulle werk in die korporatiewe wêreld of ander sektore – maar hul volkskap is gewortel in hul afkoms, waardes en geloof.


U Keuse: Afrikaner of Boer?

Met hierdie kennis – wat slegs die punt van die ysberg is – is dit nou tyd om eerlik na uself te kyk:

Beskou u uself as ’n Afrikaner, of identifiseer u met die ware identiteit van ’n Boer of Boerin?

Indien u hart klop saam met die Boervolk se taal, kultuur, geskiedenis, geloof, etnisiteit en waardestelsel, dan is u beslis op die regte plek. Hierdie skrywe bereik u nie toevallig nie – daar is ’n rede waarom dit u aandag trek.

Alle eer aan onse Almagtige Hemelse Vader!

Wat nou?

Indien u met die Boervolk se taal, kultuur, geskiedenis, geloof en waardes identifiseer, word u uitgenooi om ons te kontak en om u Status te Herstel as deel van die Zuid-Afrikaansche Boervolk (ZAB) en u by die soewereine jurisdiksie van die Zuid-Afrikaansche Boer-Republieke (ZABR) te voeg.

Wat as u in die buiteland is?
Baie Boer Volksgenote woon tans buite Suid-Afrika. Dit ontneem u nie van u identiteit nie. Kontak die ZABR-administrasie vir inligting oor hoe u as internasionale volksgenoot betrokke kan raak.

"Kom ons wees 'n volk vir ons Almagtige Hemelse Vader,

soos wat ons aan Hom beloof het."