
Hoe Nou ?

SELFbeskikking
Wat is die pad vorentoe? Hoe gaan die Boervolk selfbeskikking opneem? Dit kan net gedoen word, soos die woord sê, SELF! Die Boervolk MOET dit SELF doen en dit begin by elke Boer en Boerin SELF.
Op hierdie Kuber-Volkshuis van die Zuid-Afrikaanshe Boervolk, is daar genoeg inligting om u te help om te besluit:
- Eerstens, of u deel uitmaak van die Boervolk en haar identiteit.
- Tweedens, of u in eenheid saam met die Boervolk gevoeg wil word.
- Derdens, hoe nou?
Vir stappe 1 en 2, word u aangeraai om deeglik deur al die inligting te werk sodat u ingeligde besluite kan neem.
Indien u reeds besluite 1 en 2 geneem het en wil oorgaan na stap 3, is daar 3 keuses wat u het:
- Raak deelagtig as kiesser deur die Kieser Inligtingvorm te voltooi en aan ons te stuur sodat u stem in die Stemlokaal gehoor kan word en doen dan later die volgende stap;
- Of u doen aansoek vir Herstel van Status en aansoek vir u ZABR ID. Terselfdertyd word u dan deelagtig as kieser in die Stemlokaam om u stem daar uit te bring.
- Indien u status reeds herstel is, maar nie deur die ZABR gedoen is nie, raak deelagtig as kiesser deur die Kieser Inligtingvorm te voltooi en aan ons te stuur sodat u stem in die Stemlokaal gehoor kan word en doen aansoek vir u ZABR ID.
Wanneer u status herstel is na dié van die Zuid-Afrikaanshe Boervolk, nooi ons u uit om betrokke te raak aan die bouwerk van ons Volkshuis.
"Die Boervolk IS bevoeg om haar eie sake te hanteer want die Boervolk beskik oor die nodige kennis, bereidwilligheid en vrye wil wat haar sal lei tot selfbeskikking."

Alle eer aan onse Almagtige Skepper en Hemelse Vader!

