Boer Status Herstel

Herstel van U Status

van DOOIE fiksie terug na LEWENDE man/vrou”

Hoekom is dit noodsaaklik om u status te herstel?

Die ZABR ID en die Herstel van Status-proses is vir die ZA Boervolk van diepgaande en noodsaaklike belang. Dit verteenwoordig veel meer as net ’n administratiewe dokument — dit is ’n openbare en simboliese verklaring dat Volksgenote hulself losmaak van die korrupte, bedrieglike statutêre stelsel van die RSA, wat sy eie burgers gefaal het.

Dit is die daad waardeur Volksgenote hulself doelbewus voeg by die Zuid-Afrikaansche Boervolk, geadministreer deur die Zuid-Afrikaansche Boer Republieke, met die uitsluitlike doel om selfbeskikking van ons volk as kollektief te bewerkstellig en om ’n Volk vir haar Almagtige te wees. Die ZABR ID simboliseer eenheid en ’n nuwe begin as 'n volk.

Die Herstel van Status is ’n geestelike sowel as fisiese daad, gegrond op die Geestelike fondasie van die historiese Boervolk. Dit is hoe ZA Boervolk-gesinne hul skaar by die volk wat hulleself afsonder en skuiling soek by die Almagtige Hemelse Vader. Deur hierdie proses bevestig Volksgenote hul verbonde met Hom en plaas hulle hul primêre Verbondsverhouding met die Hemelse Vader bo enige aardse stelsel. Die Herstel van Status-proses herinner ons ook aan ons oorsprong en ons verantwoordelikheid as volk.

Die ZABR ID dien as sigbare simbool van hierdie eenheid, getrouheid en status herstel. Deur die ZABR ID te dra, verklaar Volksgenote van die ZA Boervolk dus nie net wie hulle is nie, maar ook wie hulle nie meer is nie, en by watter volk hulle nou met oortuiging en respek behoort.

Wettigheid van die Herstel van Status Proses

Die Herstel van Status-proses — ook bekend as emansipasie — is nie ’n optrede buite die RSA sisteem nie, maar word ironies genoeg moontlik gemaak deur hul eie wetgewing. Dit is binne hul eie raamwerk opgestel, word deur hul instellings erken, en kan daarom nie wettig teengestaan word nie. Dit maak die proses, volgens hul eie bepalings, ten volle regsgeldig.

Sodra die dokumentasie wat u status herstel by verskeie RSA Staatsdepartemente bedien is, en dertig dae verloop het sonder teenkanting, word u erken as ’n soewereine lewende man of vrou. Hierdie soewereiniteit bring ’n belangrike regsimplikasies mee: as ’n soewereine, het hul howe geen jurisdiksie oor u as lewende man of vrou nie. U mag dan slegs in u eie Volkshof verskyn, onder die reg van u volk, waar die gemenereg (Common Law) en gewoontereg (Customary Law) toegepas word — ’n hoër gesag as die kommersiële / admiraliteit reg wat in hul howe geld.

ZABR Volksregister

Wanneer u Status Herstel word as lewende siel en die keuse maak om u voeg by die Zuid-Afrikaansche Boervolk, word u op rekord geplaas in die Zuid-Afrikaansche Boer Republieke se Volkregister en sal u voorsien word van ‘n ZABR ID. Om ons volk te beskerm en soos wat ons geskiedenis aan ons bewys het, dra nie almal wat sê hulle is Boer noodwendig die vrugte van die Boer-boom nie. Dus is daar sekere riglyne waaraan voldoen moet word om toelating tot die Zuid-Afrikaansche Boervolk te verkry soos vervat in die konsep ZABR Grondwet. Een is bv. dat u Status Herstel moet wees. Soos u deur die inligting dokumente werk sal die ander riglyne ook vir u duidelik wees.

 Slotgedagte

Die Herstel van Status (Versoekvorm) is ’n ernstige saak en 'n  daad van selferkenning, vryheid en wettige korrektheid. U neem verantwoordelikheid vir wie u is, in watter jurisduksie u staan, en die erfenis wat aan u behoort. U neem die  verantwoordelikheid teenoor u volk, nageslag en u Almagtige Skepper op, want dít is hoe Hy u geskape het. Nie as slaaf van 'n geldmag, regering of 'n fiktiewe regsentiteit nie.

Verdere inligting:

Sovereingty STRAWMAN Mgistrate Court Hearing

Meet your strawman

What is your strawman - The slavery of our time

Your birth certificate is a slave contract with Rome

Birth certificate

The perfect crime

What is a human being? Citizen vs Person

UCC's bearing on us

Hier is seker nou genoeg inligting om vir u die punt van die ysberg uit te wys. Wat daaronder lê is egter baie meer as wat ooit ontbloot kan word. Die feit bly staan, ons as gewone onskuldige mense, is deur hierdie donker en bose agenda vasgevang in 'n see VOL ysberge terwyl ons dit nog nie besef nie. Nou wat u ook die punt van hierdie ysberg kan identifiseer, is die vraag: Hoe vaar ons om hom hulle om in veilige waters te kom?

Om uit hierdie see vol ysberge te kom, moet eerstens u Status Herstel word: van 'n dooi strooiman (allcaps name & surname, a person) na die lewende man/vrou (as wie u geskape is). Hierdie is egter net die begin van die proses om tussen die ysberge uit te begin vaar, anders dryf u steeds met die stroom.

Wanneer u met hierdie proses begin en u Status as Boer Herstel het is u steeds op u eie tussen die ysberge, tensy u deel raak van die Volksbeweging wat daarop toegespits is om haar "skepe" tot veiliger waters te help. As individu is dit feitlik onmoontlik om teen die Statutêre magte te baklei. Dit help nie u wil u regte aan die agent langs die pad probeer verduidelik nie. Hy is in 'n posisie van mag geplaas wat hy nie noodwendig kan hanteer nie. Of as u in die Statutêre howe uself as 'n lewende man of vrou wil verdedig, en u doen dit nie reg nie, gaan u SLEG 2DE KOM. Dit is hoekom ons onsself as 'n volk buite hul stelsel as 'n soewereine volk verklaar.

Die Boervolk moet in 'n eenheid versamel, waar die volk se stem gehoor kan word en haar belange eerste geplaas word. Die Boervolk het reeds ontwaak, hul moet net in eenheid vereenig word.

Wat beteken die woord selfbeskikking? Presies wat dit sê: SELF-beskikking. Die Boervolk moet SEF oor haar toekoms beskik. Dit is waar ons nog altyd in die verlede die fout gemaak het; ons het toegelaat dat selfaangestelde volksvreemdes en verraaiers vanuit volksgeledere NAMENS die Boervolk optree. Hierdie moet gestaak en aangespreek word.

Met die ondertekende Deklarasie van Onafhanklikheid van "100 man", is hierdie proses reeds begin, asook die daarstel van 'n Zuid-Afrikaansche Boer Republieke (ZABR) se Tydelike Adviesraad, Volksraad en 'n Uitvoerende Raad, wat in diens van die Zuid-Afrikaansche Boervolk (ZAB), aangestel deur die Boervolk, die ZAB se sake sal hanteer. Met 'n mandaat en met gesag kan die volk se stem, elke liewe bootjie wat in hierdie see vol ysberge ronddryf, help tot kalmer waters.

As bogenoemde by u aanklank vind, of as boogenoemde by u iets opbring wat van waarde tot die vryheid van die ZAB sal lei, sal die ZABR graag daarvan wil hoor.

Dan mag ons natuurlik nooit van ons beste Raadgewer en Leidsman gedurende hierdie proses vergeet nie. Hy MOET eerste kom en Sy Naam MOET verheerlik word.

"Kom ons wees 'n volk vir ons Almagtige Hemelse Vader,

soos wat ons aan Hom beloof het."

Die ZABR is 'n kulturele administratiewe liggaam en sy inisiatiewe is gefokus op die bewaring van Boer-erfenis, in ooreenstemming met Suid-Afrikaanse wette.