
Tydelike Adviesraad

Tydelike Adviesraad van die ZABR
Mandaatverklaring
Uitgereik deur: Tydelike Adviesraad namens die Zuid-Afrikaansche Boervolk (ZAB)
Datum: 24 Augustus 2025
Inleiding
Die Tydelike Adviesraad van die Zuid-Afrikaansche Boer Republieke (ZABR) is verkies deur die ZAB om die vestiging van die Volksraad en Uitvoerende Raad te fasiliteer, soos gemagtig deur die ZAB Deklarasie van Onafhanklikheid van “100 Man” (12 Julie 2025). Die ZABR funksioneer as ’n histories kulturele en administratiewe liggaam wat die Boervolk, verteenwoordig deur die ZAB, se historiese volkereg te herstel en hul kulturele, taalkundige, en historiese identiteit te beskerm, in ooreenstemming met die beginsels van selfbeskikking onder internasionale reg, soos die VN-Verklaring oor Inheemse Volke (UNDRIP, 2007). Hierdie verklaring formaliseer die Adviesraad se mandaat, wat weerspieël word in die Deklarasie, en bevestig sy rol as ’n tydelike liggaam om die Zuid-Afrikaansche Boervolk se histories kulturele soewereiniteit vreedsaam te bevorder.
Mandaat
Die Tydelike Adviesraad se mandaat spruit direk uit die ZAB Deklarasie van Onafhanklikheid van “100 Man”, onderteken deur gemagtigde volksgenote. Die mandaat sluit die volgende in:
Fasiliteer die Volksraad: Organiseer die oprigting van ’n permanente Volksraad deur gemeenskapsdeelname en die ZABR Volksregister, om die ZAB se kulturele en administratiewe verteenwoordiging te versterk.
Bestuur Administrasie: Toesig hou oor die Volksregister, herstel van status-proses (emansipasie) en die ZABR se kulturele en administratiewe aktiwiteite, insluitend die dokumentasie van die Boervolk se erfenis.
Bevorder Soewereiniteit: Verteenwoordig die ZAB in plaaslike en internasionale forums, insluitend kennisgewings aan die RSA, VN, en AU, om histories kulturele en territoriale inheemse volkereg bekend te maak.
Beskerm Kultuur: Bewaar die Boervolk se kulturele erfenis en historiese volkereg (Sandrivier-konvensie 1852, Bloemfontein-konvensie 1854), terwyl die ongeldige anneksasie van 1902 verwerp word.
Kulturele en Administratiewe Rol
Die ZABR en sy Tydelike Adviesraad tree op as ’n kulturele en administratiewe liggaam wat gefokus is op die bewaring van die Boervolk se identiteit, taal, en historiese regte. Dit is nie ’n parallelle regering wat die territoriale integriteit van enige staat uitdaag nie, maar ’n vreedsame entiteit wat selfbeskikking nastreef soos per die Verdrag van Vereniging en in lyn met internasionale reg en die wit vlag-proses van die Deklarasie. Die Adviesraad se aktiwiteite is in ooreenstemming met die Deklarasie, wat voorsiening maak vir die tydelike rol van die Adviesraad totdat die permanente Volksraad opgestel is.
Verkiesing en Magte
Verkiesing: Die Adviesraad is verkies op 24 Augustus 2025 deur tydelike leiers d.m.v. stemming tydens ‘n amptelike vergadering, in ooreenstemming met die Deklarasie.
Magte: Die Adviesraad het tydelike magte, soos uiteengesit in die Deklarasie, om kulturele en administratiewe beleid te ontwikkel, die Volksregister te bestuur, en diplomatieke verhoudings te koördineer totdat die Volksraad opgerig is.
Oorgang: Die Adviesraad sal ontbind sodra die Volksraad formeel opgerig is.
Vreedsame Bedoelings
In lyn met die wit vlag-proses van die Deklarasie, tree die Adviesraad vreedsaam op om die ZAB se selfbeskikking te bevorder, sonder konfrontasie met die RSA of ander state. Alle aktiwiteite is gerig op kulturele bewaring en die herstel van historiese regte deur wettige en diplomatiese kanale.
Stigtingshandves & Raamwerk
Inleiding
Die Tydelike Adviesraad (TAR) dien as ’n voorlopige advies- en bestuurstruktuur vir die Zuid-Afrikaansche Boer Republieke, wat in ’n digitale omgewing funksioneer totdat ’n formele Volksraad gevestig word.
Die TAR verseker kontinuïteit, verteenwoordiging, en ordelike voorbereiding vir die volle vestiging van self bestuur.
Op 24 Augustus 2025 is die Tydelike Adviesraad van die ZABR op die been gebring.
Doelwitte van die TAR
Verskaf voorlopige leierskap en rigting.
Beskerm die Boervolk se kultuur, taal en erfenis.Bestuur kommunikasie en inligting op ’n deursigtige wyse.Fasiliteer wettige en vreedsame koördinering van gemeenskappe.Berei die grondslag voor vir die formele Volksraad.Om ‘n Huis (Volk) vir ons Almagtige Vader te stig (wees).Struktuur & Rolle
Die volgende rolle verseker balans en aanspreeklikheid in die TAR:
Voorsitter van die TAR – Lei die raad se vergaderings, hou orde en verseker dat die besluite in lyn met die onafhanklikheid mandaat is.Ondervoorsitter – Ondersteun die Voorsitter, tree op in afwesigheid.Sekretaris-Generaal – Hou notules, administrasie en argiveer besluite.Tesourier (Finansies) – Toesig oor finansiële sake, donasies en fondse.Regsadviseur / Juridiese Koördineerder – Hou toesig oor regsaangeleenthede, natuurlike reg en algemene regsbeginsels.Kommunikasie & Inligting – Skakel met die volk, reël publikasies en kennisgewings.Kultuur & Erfenis – Beskerm die Boervolk se kultuur, taal en tradisies.Binnelandse Sake – Koördineer volk sertifikate, registrasies en gemeenskapsake.Vredesmag Koördineerder – Fokus op orde, veiligheid en gemeenskap beskerming.Jeug & Toekomstige Generasie – Verteenwoordig jongmense en bou toekomstige leierskap.Algemene Verteenwoordigers – Volksgenote wat as raadgewers en ondersteuners optree.Die ZABR is 'n kulturele administratiewe liggaam en sy inisiatiewe is gefokus op die bewaring van Boere-erfenis, in ooreenstemming met Suid-Afrikaanse wette.