Boer Foto

DIS AL!

Die terugkeer ná die Britse volksmoord en grond-roof op die Boervolk (Anglo-Boereoorlog), was 'n traumatiese gebeurtenis vir duisende Boere vanwaar hul hulself ook aan die einde van die volksmoord bevind het.

Meer as 40 000 Boervolk vroue en kinders in die meer as 126 konsentrasiekampe vermoor; meer as 30 000 plase afgebrand; 1000de stuks vee geplunder of eenvoudig onmenslik van kant gemaak; gemeenskappe verdeel; gesinne uitmekaar geskeur; 'n volk verneder en vertrap!

Op dieper vlak moes die Boer talle verliese verwerk. Nie net het hul hul vryheid en onafhanklikheid verloor nie, maar ook hul hele bestaan, vriende en - dalk die seerste - hul eggenooet en kinders; hul nageslag!

Dit was voorwaar 'n bittereinde-"vrede". Vir baie was "'n graf in die gras" en "'n vervallende traan", al wat oor was.

Gedig geskryf deur 'n Boer wat na ballingskap na sy eiendom teruggekeer het:

"Dis die blond, dis die blou:

dis die veld, dis die lug:

en 'n voël draai daar bowe, in eensame vlug -

DIS AL.

 

Dis 'n balling gekom oor die oseaan,

dis 'n graf in die gras,

dis 'n vallende traan - 

DIS AL

"Kom ons wees 'n volk vir ons Almagtige Hemelse Vader,

soos wat ons aan Hom beloof het."