
Geëmansipeerde / Ontvoogde Volksgenote
by ZABR Admin

ZUID-AFRIKAANSCHE BOER REPUBLIEKE
TYDELIKE ADVIESRAAD
| 18 September 2026 | Verw. #: ZAB_Ken_004 |
Aan: Die Zuid-Afrikaansche Boervolk en ander belanghebbendes in SA.
Onderwerp: HOEKOM REEDS GEËMANSIPEERDE / ONTVOOGDE VOLKSGENOTE HUL STATUS MOET HERSTEL?
Die vraag word gevra, met reg, hoekom is dit nodig vir volksgenote wat hul reeds geëmansipeer/ontvoog het, WEER deur die hele proses moet gaan? In kort: omdat die ZABR Herstel van Status ‘n VOLKSAKSIE is en nie ‘n individuele proses is nie.
Eerstens moet ons noem dat dit NIE die ZABR se plek of styl is om die pogings van ander, af te kraak of in ‘n swak lig te plaas nie. Ons probeer leer daaruit, bou daarop en plaas dit binne die ZAB se identiteit, kultuur en beginsels.
Volksgenote wat reeds ontvoog of geëmansipeer is, volg die Herstel van Status proses nie omdat die proses oor gedoen word nie, maar omdat dit ‘n totale ander betekenis het. Dit word gedoen vir die volgende redes omdat:
- Die ZABR Herstel van Status proses ‘n Volksaksie is:
Gift of Truth se emansipasie dokumentasie is nie onder 'n Volk embleem / vaandel ingedien nie en dokumente het ‘n skoon briefhoof, aangesien dit 'n individuele proses is. Presies dieselfde dokumente met presies dieselfde bewoording, word deur die ZAR se ontvoog-proses gebruik, ook onder geen Volksvaandel. The South African Assembly se proses word egter onder hul eie vaandel ingedien en weereens kan dit nie as ‘n volksaksie beskou word nie terwyl daar egter kommer bestaan oor tot watter beginsels u uself voeg en ondersteun met hul proses.
Die ZABR Herstel van Status dokumentasie en proses word nie net onder die Zuid-Afrikaansche Boervolk se Volksvaandel opgestel nie, dit bevat en word gerugsteun deur voorafgaande verklarings, kennisgewings en addisionele dokumentasie asook sertifikate ter bevestiging dat u uself as lewende siel tot die ZABR Volksregiter en Volksaffiliasie voeg.
- Bewys van aflewering:
Omdat daar heelwat volksgenote is wat hul laat ontvoog/emansipeer het en geen individuele bewys van ontvangs (proof of service) ontvang het nie. Dit is egter belangrik dat indien die proses wat deur u gevolg is, wel in 'n hof bewys moet kan word, dat u bewys kan lewer dat u dokumentasie wel deur die verskeie staatsinstansies ontvang is.
- Tot watter beginsels skaar u uself:
Omdat u met die ZABR Herstel van Status proses u spesifiek skaar by die beginsels, identiteit en kultuur van die Zuid-Afrikaansche Boervolk (soos duidelik in die openbaar uiteengesit en verklaar deur is in vele dokumentasie), wat bepaal word deur haar vertrou op haar Almagtige Hemelse Vader en Sy volle Woord, is daar geen onduidelikheid rakende u beginsels nie.
- Grondwet / Handves van beginsels:
Omdat die ZABR die Almagtige se volle Woord in haar administrasie en grondwet erken as riglyn en Hoogste Gesag en u uself hiermee vrywilliglik wil vereenselwig. U voeg u dus tot die mandaat wat deur die lewende Boervolk kollektief aan die ZABR gegee is om die Boervolk se soewereiniteit op te neem sodat die ZAB as 'n Vrye Volk vir haar Skepper kan LEEF – om haar Geloftes TE BETAAL!
- Bevestiging / Verklaring:
Die ZABR Kulturele ID is die bewys en verklaring dat u uself tot hierdie Zuid-Afrikaansche Boervolk-Volksaak gevoeg het.
Daar kan egter nog heelwat hiertoe bygevoeg word, maar bogenoemde 5 punte dek sekerlik genoeg bewyse vir diegene wat weer voor ‘n keuse staan. Die keuse is egter u eie om te maak.
Vriendelike Boer Groete
ZABR Tydelike Adviesraad.