Staatskoerant Kennisgewing 3833

by

Op Vrydag 20 Maart 2026 het die Tydelike Adviesraad van die Zuid-Afrikaansche Boer Republieke 'n Openbare Kennisgewing 3833 van 2026 in die Nasionale Staatskoerant 54356 geplaas insake die submissie gerig aan die Verenigde Nasies, internasionale waarnemers, internasionale ondersteuners plaaslike owerhede ter herstel van rekord.

Die Boervolk IS ’n inheemse en afgesonderde volk, bevestig deur haar Almagtige Hemelse Vader op 16 Desember 1838 en later weer deur die verhoor van haar Geloftes. Die Tydelike Adviesraad se submissie aan die UNPFII is bloot ’n kennisgewing van rekordherstel, nie ’n petisie vir toestemming nie.

Ons erken dat die Boervolk se volkereg bestaan as gevolg van hul vertroue op hul Hemelse Vader, nie die feit dat hul Boer is of uit die Boervolk afstam nie.

Die Zuid-Afrikaansche Boervolk soek geen konflik nie en pleit slegs by haar Almagtige Vader vir vryheid, soewereiniteit en selfbeskikking. Die Zuid-Afrikaansche Boer Republieke sal voortgaan om die Boervolk se identiteit, geskiedenis en wettige selfstandigheid te beskerm. Waar wanvoorstelling plaasvind, sal dit nie met haat of rusie nie, maar met vaste waarheid, ordelike kennisgewing en waardige regstelling aangespreek word.

Mag die Almagtige Hemelse Vader hierdie proses seën en alle verborge dinge openbaar sodat reg en geregtigheid kan geskied.

Vir die volledige kennisgewing, volg hierdie skakel: Kennisgewing 3833 van 2026