
Riglyne om Versoek tot ZAB en ZABR ID
by ZABR Admin

ZUID-AFRIKAANSCHE BOER REPUBLIEKE
Riglyne om Versoek tot ZAB en ZABR ID
Een van die grootste prioriteite vir die Zuid-Afrikaansche Boer Republieke is om te verhoed dat die vrywording-proses van die Zuid-Afrikaansche Boervolk gekaap word. Riglyne is daar gestel om te verhoed dat volksvreemde ongewenste invloede en beheer, toegang tot die volk en die administrasie verkry.
Die ZABR ID sal net aan Volksgenote van die Zuid-Afrikaansche Boervolk uitgereik word soos bepaal deur die konsep grondwet aangesien die ZA Boervolk eksklusief en raseg tot die Boervolk is.
Net soos enige land sekere vereistes aan inwoners stel alvorens hul ‘n bewys van burgerskap en identifikasie uitreik, word daar ook deur die ZABR sekere beginsels en riglyne gestel waarvolgens volksgenote hul tot die ZA Boervolk kan voeg om ‘n ZABR ID te kan ontvang.
Die ZABR neem ‘n proses aan van waar ‘n moontlike volksgenoot se eie persoonlike keuses en beginsels bepaal of hy/sy hulself tot die ZA Boervolk kan voeg of nie. Om aan so ‘n volksgenoot die inligting te voorsien om ‘n besluit te neem of hy/sy hul wil voeg tot die ZA Boervolk, moet die ZABR die beginsels en riglyne wat deur die ZA Boervolk gehandhaaf en hoog op prys gestel word, duidelik sigbaar stel. As sulks neem elkeen dan self die keuse.
Hierdie beginsels en riglyne is geskoei op die Almagtige Hemelse Vader se volle Woord soos wat ons voorgeslagte vertrou, beloof en probeer leef het: om ‘n volk vir Hom te wees. As die ZA Boervolk vir Hom ‘n volk wil wees, moet Hy erken word as die Hoogste Gesag deur haar administrasie en Sy Woord as maatstaf en riglyn in haar samelewing toegepas word.
Die Tydelike Adviesraad het op grond van hierdie beginsels, en in oorleg met die eenheid wat daar reeds in die ZA Boervolk bestaan, sekere riglyne geformuleer om volgens op te tree.
Wanneer daar na hierdie riglyne gekyk word, moet ons onthou:
- Die amptenary is aangestel vanuit die ZA Boervolk, in diens van die Boervolk binne die administrasie van die ZABR.
- Die amptenary moet binne die eenheid wat daar in die volk heers, optree.
- Die amptenary moet binne die mandaat wat die ZA Boervolk aan hul gegee het, optree.
Wat is die mandaat wat daar aan die amptenary (TAR en Volkshof) deur die ZA Boervolk gegee is en watter verklarings is daar aan die volk gemaak? Om dit te bepaal kan ons na dokumente en verklarings kyk soos:
- Die ZAB Deklarasie van Onafhanklikheid van “100 Man”
- Die Boer Verklaring van die ZAB
- Die konsep ZABR Grondwet
- Die ZAB Verklaring van Getrouheid
- Die ZAB ETOS waarna daar deur die ZA Boervolk gestrewe word
- Die Eenheid in die Deklarasie Meningspeiling
Wat is die eenheid wat daar tans heers onder volksgenote wat die ZAB Deklarasie van Onafhanklikheid bekragtig het? Tydens die bekragtiging van die Deklarasie was daar verskeie eenhede waarin die volk staan, maar die belangrikste een is die Waarheid! Die feit dat die Zuid-Afrikaansche Boervolk vir die WAARHEID staan, ongeag in watter faset van die samelewing, staan die Boervolk TEEN die leuen:
- 100% het hul liggame beskerm en staan teen die leuen en die agenda van die N-W-O en veral die van die W-H-O.
- 100% het onttrek en staan teen die leuen en verraad wat daar bestaan binne party politiek.
- 100% toon ‘n verset teen wêreld beheer, vreemde oorheersing en die finansiële stelsel.
- 100% staan teen die leuen van demokrasie, multi-kulturele samelewing en vermenging van volkere en wil hul Gelofte betaal deur vir HOM ‘n volk te wees.
- 100% sonder hul af en is bewus van die leuens wat vanaf die kerk kansels onder die invloed van die RKK verkondig word en het reeds hul status vanuit die kerk herstel.
- 100% ondersteun nie nasionale sport soos rugby of krieket nie, is van mening dat dit onbelangrik is vir die volk se kultuur en dat dit ‘n afgod geraak het.
Op grond van beginsels en riglyne, soos hier bo en in dokumentasie vermeld, het elkeen ‘n keuse of hy/sy hul tot die ZAB kan voeg of nie. Die ZABR respekteer elkeen se besluit as ‘n vrye keuse terwyl diegene wat hul tot die ZAB wil voeg, daarby berus om in eenheid ‘n volk te wees. Die Tydelike Adviesraad sal hierdie riglyne en beginsels toepas tydens die prosessering van alle versoeke wat hul tot die Zuid-Afrikaansche Boervolk wil voeg en om ‘n ZABR ID te bekom.
Die ZABR se grootste behoefte is nie om almal bymekaar te voeg nie, maar om diegene wat bymekaar hoort en bymekaar WIL wees, wat vir hul Almagtige Hemelse Vader ‘n volk WIL wees, om húlle onder die Zuid-Afrikaansche Boervolk te versamel. Die Boervolk was nog altyd ‘n suiwer volk wat hul wou afsonder om vir hul Hemelse Vader ‘n volk te wees en hierdie tuiste, Volkshuis, word binne die Zuid-Afrikaansche Boervolk deur ZABR geskep en gekoester.
Die ZABR Tydelike Adviesraad
5 April 2026