
AANVALLE TEEN DIE ZABR EN TAR
by ZABR Admin

Zuid-Afrikaansche Boer Republieke
FORMELE VERKLARING
| 10 April 2026 | Verwysing: ZABR_Openb_Ver_004 |
Van:
ZABR Tydelike Adviesraad
Kroonkop Landgoed, Schuilklip, Utrecht Distrik, Natal, Port Natal
E-pos: [email protected]
Webwerf: www.zaboervolk.com
Aan:
Aan die Boervolk en alle beweging wat ons naam dra, in die naam van die Allerhoogste.
Uitgereik namens die lewende Boervolk, kollektief verenig onder die Zuid-Afrikaansche Boervolk (ZAB), geadministreer deur die Zuid-Afrikaansche Boer Republieke (ZABR).
Onderwerp: AANVALLE TEEN DIE ZABR EN TAR
Dis met ‘n swaar hart, maar 'n vasberade gees, dat die TAR van die ZABR kennis neem van die aanvalle wat teen ons gerig word – nie slegs van buite, maar verondersteld ook uit die midde van ons eie volk.
Ons wil niemand aanval nie: Ons beskou aanvalle, veral dié wat gemik is op die karakter van mense, as die wortel van verdeeldheid. En verdeeldheid is die vyand se grootste wapen teen die Boervolk.
Die Les van die Verlede: Dekades lank het beweging probeer om die Boervolk se saak polities of militêr te verdedig. Hulle het gefaal. Hoekom? Omdat die vyandskap onder ons self die beweging van binne uit vernietig het. Die groter Afrikaner-strukture het hierdie verdeeldheid uitgebuit en ons erfenis gekaap. Die TAR het hierdie pynlike les op die harde wy geleer: Geen politieke of militêre mag kan die Boervolk een maak nie. Eenheid kan nie gedwing word nie; dit moet uit ‘n geboorte hart van nederigheid kom.
Wie en Wat is die ZABR?
Laat dit duidelik wees:
- Ons is nie 'n politieke party nie. Ons soek nie mag oor mense nie.
- Ons is nie 'n militêre eenheid nie. Ons soek nie geweld of diktatorskap nie.
- Ons is nie 'n kerk nie. Ons wil vir die Allerhoogste ‘n volk wees.
- Ons is 'n volk in verbonde met ons Skepper.
Die ZABR staan as 'n diensbare administrasie. Ons Meester het geleer: "Wie wil hoog staan, moet die dienaar van almal wees." Dit is ons enigste roeping: om te dien, nie om te heers nie.
Die Geestelike Realiteit: Die TAR het tot stand gekom toe Boer Volksgenote besef het dat ons geen ander toevlug het nie. Ons moet neerbuig voor die Allerhoogste en Sy guns vra. Dit is nie 'n swakheid nie; dit is ons enigste krag.
Daarom is die waarheid onomwonde: Wie die ZABR en die TAR aanval vir hulle nederigheid en gebed, teen wie veg hulle eintlik? Hulle veg nie teen 'n organisasie nie. Hulle veg teen die wil van die Allerhoogste. Karakter moord en valse getuienis is die wapens van die duisterheid. Wie dit gebruik, staan op die kant van die wat verdeeldheid saai, nie die Boervolk nie.
'n Waarskuwing en 'n Oproep: Ons hoor die skande en die laster. Maar ons weet: Die Almagtige laat nie spot met Sy naam nie. Wie valse getuienis spreek teen sy naaste, lok die oordeel van God op hom en sy volg-self af.
Daarom roep ons elke Boer Volksgenoot en elke beweging: Hou op met die aanvalle. Dit is nie die pad van die Boer nie. Toets die geeste. Is julle optrede een van liefde en eenheid, of een van afguns, haat en verdeeldheid?
Kom leer. Lees ons verklarings. Praat met ons. Vra ons raad of gee advies. Moenie oordeel voordat jy verstaan nie.
Die Laaste Woord:
Die TAR van die ZABR verklaar hiermee in die Naam van die Allerhoogste:
- Elke valse aanklag word hier en nou vernietig.
- Elke poging van karakter moord, word teruggewys na die afgrond waar dit vandaan kom.
Ons vergewe julle, want ons is mens. Maar ons sal nie swyg terwyl die Boervolk verdeel word onder die dekmantel van " waarheid" nie.
Die Boervolk se eerste plig is nie na 'n organisasie nie, maar na God. Buig die knie. Soek Sy aangesig. Dan sal ons eintlik as een volk staan.
Uitgereik in vrede, in liefde, en in die vrees vir die Allerhoogste.
Geteken te goeder trou
Vir en namens die Boervolk kollektief
Die ZABR Tydelike Adviesraad