Openbare Kennisgewing: Konsep ZABR Grondwet

by

Die Konsep Grondwet van die

Zuid-Afrikaansche Boer Republieke (ZABR)

16 Februarie 2026

 

Inleiding deur die Tydelike Adviesraad (TAR)

Die Tydelike Adviesraad van die Zuid-Afrikaansche Boer Republieke, namens die lewende Boervolk, kollektief verenig onder die Zuid-Afrikaansche Boervolk, stel hiermee die konsep Grondwet van die ZABR bekend. Hierdie dokument is 'n getuienis van ons teokratiese grondslag en 'n terugkeer na die beginsels van ons voorgeslagte. Dit is nie 'n mensgemaakte stelsel nie, maar 'n roep om in eenheid en vrede onder die Almagtige Hemelse Vader se leiding te leef, as 'n volk wat vir Hom afgesonder is. Ons nooi alle Boer volksgenote uit om hierdie konsep te bestudeer en in gebed te oorweeg, sodat ons vesting Rotsvas kan staan.

Kort Opsomming van die Konsep ZABR Grondwet

Die konsep Grondwet van die ZABR bevorder 'n teokraties-sosialistiese stelsel, gegrond op die volledige Woord van die Almagtige Hemelse Vader, sosialistiese beginsels van welsyn en afsonderlike ontwikkeling vir outonome volke.

  • Teokraties-Sosialistiese Fondament: Die Grondwet is teokraties-sosialisties, met die Almagtige Hemelse Vader se Woord as Hoogste Gesag as die enigste Bill of Rights. Sosialistiese beginsels verseker gelykheid, welsyn en gemeenskaplike verantwoordelikheid onder die volk, sonder mensgemaakte ideologieë of ongelykheid.
  • Administrasie:
    • Tydelike Adviesraad: Die oorgangsadministrasie wat die mandaat uitvoer en die volk dien tot volle implementasie van die Grondwet.
    • Volkshof: Gebaseer op die Boervolk se gemene- en gewoontereg met ‘n regbank volgens Bybelse beginsels, met die Almagtige Hemelse Vader as Hoogste Gesag.
    • Volksraad: Die verteenwoordigende raad vir volksbesluite en kulturele wetgewing.
    • Raad van Rigters: Teokratiese toesig oor grondwetlike nakoming en regspraak volgens Skriftuurlike beginsels.
  • Soewereiniteit en Volkereg: Die ZABR erken al die historiese republieke en die Boervolk se inherente reg op selfbeskikking en die distansiëring van onregmatige anneksasie deur en assimilasie met ander groepe.
  • Kulturele en Identiteit beskerming: Fokus op die Boer se vertroue op die Almagtige Hemelse Vader, Geloftes, taal en lewenswyse as afgesonderde volk, in harmonie met bure.

Hierdie konsep is 'n roep tot eenheid en vertroue op die Almagtige Hemelse Vader – 'n vesting vir ons nageslag.

Skakel na Dokumente waar volledige Grondwet en bylaes geplaas is: ZABR Grondwet