
26 Feb 26
by ZABR Admin

'n Datum wat u sal wil onthou:
Op hierdie dag het die Tydelike Adviesraad van die Zuid-Afrikaansche Boer Republieke, namens die lewende Boervolk, gesamentlik verenig onder die Zuid-Afrikaansche Boervolk, hul amptelike submissie aan die United Nations Permanent Forum on Indigenous Issues (UNPFII) ingedien ter:
STATUSKORREKSIE VAN BOERVOLK AS INHEEMSE VOLK!
Hierdie stap, gedoen in vrede en onder leiding van die Almagtige Hemelse Vader, is 'n kennisgewing vir die herstel van rekord aan die UNPFII deur die ZABR dat die Boervolk 'n inheemse en afgesonderde volk IS ingevolge United Nations Declaration on the Rights of Indigenous Peoples (UNDRIP, 2007). Die submissie is ook ter kennisname aan Internasionale Waarnemers, RSA Regering en aan ander lande ter erkenning en ondersteuning gestuur.
Hierdie submissie is bloot 'n kennisgewing van die herstel van rekord, waardeur historiese verkeerde klassifikasie, koloniale onderwerping en gedwonge integrasie en assimilasie, reggestel word. Die geskiedenis en feite spreek vir hulself – it's a No Case to Answer.
Die Zuid-Afrikaansche Boervolk verwerp enige onderwerping aan eksterne jurisdiksie en eis haar inherente reg op self-identifikasie, SELFbeskikking en kulturele beskerming asook haar volkereg, sonder die benadeling van enige ander regte.
Die Zuid-Afrikaansche Boervolk smeek slegs haar Almagtige Hemelse Vader en volksgenote wat in eenheid vir Hom 'n volk wil wees, vir haar vryheid, soewereiniteit en selfbeskikking.
Die Boervolk se bestaansreg, IS haar vertroue in haar Almagtige Hemelse Vader.
Vandag, 26 Februarie 2026, is die wêreld van hierdie feite in kennis gestel.
Die ZABR nooi volksgenote wat hul by die Boer Verklaring van die ZAB kan voeg uit om die volledige submissie te lees en hul in eenheid by die ZAB se beginsels te voeg. Die ZABR verwelkom alle volksgenote wat die Almagtige se Woord as enigste en Hoogste Gesag aanvaar en wil bydra tot die Boervolk se vryheid en reg.
Die ZABR sal eersdaags 'n amptelike mediaverklaring in die verband in die Staatskoerant plaas.
Skakel na dokumentasie vir die volledige submissie: ZABR UNPFII Submission.
