Verklaring van Erfenishandves

by


ZUID-AFRIKAANSCHE BOER REPUBLIEKE

 

Verklaring van die ZABR Erfenishandves (ZABR_Opb_Verk_007)

Die Tydelike Adviesraad van die Zuid-Afrikaansche Boer Republieke reik hiermee die amptelike Verklaring van Erfenishandves formeel uit.

Hierdie Handves dien as die amptelike beleidsraamwerk vir die bewaring van die Boervolk se historiese nalatenskap. Dit beklemtoon die beskerming van historiese waarheid, erfenis-terreine, grafte, monumente en kulturele identiteit, en bevestig dat die Boervolk se erfenis haar eie verantwoordelikheid isnie dié van die breër Afrikaner-groepering of volksvreemde entiteite nie.

Die Handves is gegrond op die Deklarasie van Onafhanklikheid van “100 Man”, die Verklaring van Herstel en die Verklaring van Historiese Beginsels, en word uitgereik in die gees van die Witvlag-proses.

Lees die volledige ZABR Erfenishandves hier:

▶ Volledige Verklaring PDF

"Ons bestaan reeds as 'n historiese volk. Daarom dra ONS die verantwoordelikheid om ons eie geskiedenis en kulturele erfenis vir toekomstige geslagte te bewaar."