
ZAB – ETOS
by ZABR Admin

Zuid-Afrikaansche Boervolk
ETOS
Die Tydelike Adviesraad van die Zuid-Afrikaansche Boervolk het in November 2025 die ZAB ETOS opgestel wat Bylaag D van die ZABR Grondwet uitmaak.
Hierdie ETOS verwys na die etiek, karakter, morele waardes, oortuigings en kenmerkende gees van die Boer. Die dokument sit die grondslag van die Boer se karakter uiteen — gebou op eerlikheid, selfstandigheid, harde arbeid en ’n bewuste leef voor die Almagtige Hemelse Vader.
Dit bevestig dat die Boer se ja altyd ’n ja is, en sy nee altyd ’n nee, en dat eer die basis van vertroue en gemeenskap vorm.
Hierdie ETOS is die karakter waarna daar gestrewe en wat gekoester word binne die Zuid-Afrikaanshe Boervolk en binne haar administrasie, die Zuid-Afrikaanshe Boer Republieke.
Lees die volledige dokument hier:
Die ZABR nooi alle Volksgenote wat hul in eenheid tot heirdie ETOS kan voeg, om hul plek in ons Volkshuis op te neem sodat ons as 'n volk vir Hom kan LEEF.