ZAB Deklarasie

Dit is met groot opgewondenheid dat ons volksgenote van die Zuid-Afrikaansche Boervolk kan meedeel oor die toer van die ZAB Deklarasie van Onafhanklikheid (Deklarasie van Kulturele Erfenis) wat deur die land reis.

Sy toer het begin in die Vrij Kaap, Historiese Kaap-streke (Noord-, Oos-, Suid- en Wes-Kaap),' waarna hy die Oranje Vrijstaat, Transvalia en Natalia sal besoek.

Hier is ‘n kort produksie wat die inhoud van die dokument vervat wat u kan kyk om te sien wat die deklarasie behels.

Die toer fokus uitsluitlik op die Boere-kultuur, taal en tradisies in die historiese Boere Republieke, as 'n administratiewe inisiatief van die ZABR as kulturele liggaam, en erken die gedeelde nasionale erfenis binne Suid-Afrika.

ZAB Deklarasie van Onafhanklikheid

Indien u dit ook graag sal wil onderteken en u stem by die Zuid-Afrikaansche Boervolk en die toekoms van die land, volk en nageslag wil plaas of meer inligting benodig van waar hy toer, kontak ons asseblief gerus.

Vriendelike Boer Groete

Zuid-Afrikaansche Boervolk