WAAR LÊ DIE OPLOSSING

by

ZUID-AFRIKAANSCHE BOER REPUBLIEKE

TYDELIKE ADVIESRAAD

25 April 2026Verw. #: ZAB_Ken_003

Aan: Die Zuid-Afrikaansche Boervolk en ander belanghebbendes in SA.

Onderwerp: WAAR LÊ DIE OPLOSSING?

‘n Skrywe aan volksgenote wat soekend is vir ‘n oplossing teen dít wat besig is om rondom hul te gebeur, sonder om geestelik daarna te kyk terwyl die TAR besef dat die geestelike stand van die volk seker dié belangrikste oplossing is.

WAAR LÊ DIE OPLOSSING:

Openbare dienste en stelsels wat vroeër jare reg bestuur, geïmplementeer en effektief gefunksioneer het, wat deur 'n behoorlike administrasie met die regte beginsels en waardestelsel (die van 'n ware Boer) bestuur was, is deur die kapitaliste se insette, toesig en party politieke tot die grond gedryf sodat daar vanuit húl geledere 'n "oplossing" gebied kan word waaruit hulle, hul pionne in die regering van die dag met hul nuwe instellings/firmas húl sakke kan vul en die gemeenskap verslaaf. Dan word daar deur die slawe na "oplossings" gesoek (vir die kapitalis om te ontgin), maar die oorsaak van die probleem, word nie aangespreek nie.

Voorbeelde:

- SA Spoorweë word vervang met ‘n vragmotor industrie en almal is maar tevrede met die nuwe vragmotor vervoerstelsel.

- SA Poskantoor word vervang deur koerier maatskappye en die hulle vul die gaping.

- SA Polisie kan nie verdwyn nie, maar a.g.v. onbevoegdheid, word privaat sekuriteit benodig en dit alleen skep honderde nuwe industriële sektore en almal is tevrede met die feit dat hulle eintlik in hul eie tronke bewaak word en ten duurste versekering moet betaal om hul eiendom te verseker.

- SA Onderwys kan ook nie verdwyn nie, maar verslegtende onderwys skep die geleentheid vir privaat skole en die behoefte vir tuisonderrig terwyl baie spog met hul kinders wat deur privaatskole "opgevoed" word.

- Staatshospitale kan ook nie verdwyn nie en weereens, a.g.v. onbevoegdheid, wanbestuur en korrupsie spring duisende privaathospitale op en almal benodig mediese fondse ten duurste om in 'n privaat hospitaal "versorg" te kan word.

- Eskom, SA Lugdiens, Paaie word nou deur tolpaaie vervang, Mynbou, Landbou, Visserye, WNNR (Wetenskap, Nywerheid en Navorsingsraad), SABS (SA Buro vir Standaarde) terwyl almal tevrede moet wees met die "beste" uit China; Uitvoer van ons beste produkte terwyl die inwoners vir die swakker plaaslike en ingevoerde produk ten duurste mee tevrede moet wees; Universiteite en ambagskole, noem maar op. Dan praat ons nie eers van ons regstelsel waaruit slegs die regslui voordeel trek; waarin die wettelose meer regte het as die slagoffer; landelike veiligheid ens.

MAAR, as die “kop” reg is, is daar nie plek vir die Kapitalistiese slawedrywers nie. Dus word die “kop” deur die kapitaliste beset en beheer en almal soek na ander "beter oplossings" terwyl die oplossings, slegs die kapitalis befonds en die ekonomie kunsmatig stimuleer.

Dus, diegene wat na 'n "oplossing" binne die politieke bestel soek en ander oplossings soek as om eerder die PROBLEEM direk aan te spreek, IS DEEL VAN DIE PROBLEEM. Hulle vorm deel van die globale kapitalis en sy sisteem.

Dink mooi hieroor en kyk mooi rondom u na die self-aangestelde "leiers" en hul "oplossings" en kyk WIE word werklik daardeur bevoordeel!

Die ZABR se missie is om die REGTE “kop” binne die REGTE stelsel, gefundeer op Skriftuurlike beginsels (die van 'n Boer), aan beheer te plaas om die BOERVOLK se sake te bestuur! Sodat die Boervolk as 'n vry en soewereine volk onafhanklik vir haarself kan beskik.

Saam, in 'n eenheid, sal dit vermag kan word, wanneer die volk, u, die behoefte hiervoor het en die noodsaaklikheid hiervan besef.

Vriendelike Boer Groete

Die Tydelike Adviesraad.