Saamstaan vir Selfbeskikking / Rigters Beweging

by

ZUID-AFRIKAANSCHE BOER REPUBLIEKE

Formele Kennisgewing – Saamstaan vir Selfbeskikking / Rigters Beweging

ZABR/Not/SS/2026-36 (5 Julie 2026)

Die Tydelike Adviesraad van die Zuid-Afrikaansche Boer Republieke (ZABR) het op 5 Julie 2026 ’n formele kennisgewing uitgereik aan die sameroepers en sleutelrolspelers van die “Saamstaan vir Selfbeskikking”-inisiatief (ook bekend as die Rigters Beweging), waaronder Mnr. Jannie Meyer en Mnr. Willie Cloete.

Hoofpunte van die kennisgewing:

Die ZABR plaas op rekord dat hierdie inisiatief geen mandaat het om namens die Boervolk op te tree, segsmanne aan te wys of ’n Blouskrif op te stel nie. Die redes sluit in:

  • Die vermenging van die Boer-identiteit met die breër Afrikaner-narratief en Afrikaner-nasionalisme.
  • Die gebrek aan ’n suiwer teokratiese grondslag, waar die volle Woord van die Almagtige Hemelse Vader as enigste en hoogste gesag erken word.
  • Die strewe na ’n enkele “Boere Staat” of fragmentariese selfbeskikking, in plaas van die erkenning van die outonomie en vryheid van al 21+ historiese Boer Republieke.
  • Die gebruik van Boer-simbole, slagspreuke en geskiedenis sonder die kollektiewe mandaat van die Boervolk.

Die ZABR distansieer homself duidelik van die inisiatief en versoek vriendelik dog ferm dat Saamstaan vir Selfbeskikking alle aanspraak op die verteenwoordiging van die Boervolk staak, ophou om Boer-identiteit, simbole en geskiedenis te gebruik, en die ZABR as die enigste gemandateerde administratiewe liggaam van die Kollektiewe Boervolk erken.

Lees die volledige dokument hier:

▶ Volledige Kennisgewing PDF

Hierdie kennisgewing is uitgereik in die gees van die Witvlag-proses — te goeder trou en met die strewe na vrede en regverdigheid voor die Almagtige Hemelse Vader, om vir HOM ’n volk te wees soos deur die Boervolk beloof.