Emansipasie Opsie

by

ZUID-AFRIKAANSCHE BOER REPUBLIEKE

TYDELIKE ADVIESRAAD

 

1 Oktober 2026Verw. #: ZAB_Ken_005

 Aan: Die Zuid-Afrikaansche Boervolk en ander belanghebbendes in SA.

Onderwerp: EMANSIPASIE OPSIE

In ons vorige skrywe, ZAB_Ken_004 - Hoekom reeds geëmansipeerde of ontvoogde volksgenote hul Status moet Herstel, van 18 September het ons die redes aangevoer hoekom daar aanbeveel en voorgestel word dat Volksgenote wat reeds deur die emansipasie of ontvoog proses gegaan het, dit weer moet herhaal.

Soos ook in daardie skrywe vermeld, wil ons geensins te kenne gee dat die prosesse wat reeds gevolg is, nie voldoende is nie maar ons wil u weer daarop attent maak dat die Herstel van Status proses wat deur die ZABR geïmplementeer word, wel veel meer uitgebreid en geldig is as die ander.

Die Tydelike Adviesraad het die besluit geneem dat indien u nie weer deur die hele proses wil gaan nie en tevrede is met die stappe wat u reeds geneem het, u dan nie weer daardie proses hoef te herhaal nie. Dit plaas egter ‘n beperking op u betrokkenheid binne die ZABR in die sin dat u nie in ‘n amp sal kan dien nie alvorens u nie die ZABR se Herstel van Status proses gevolg het nie. Die onus rus op u om self na te gaan of u status volkome en korrek herstel is. In hierdie geval word slegs die ZABR interne dokumentasie benodig ter evaluering en uitreiking van die ZABR ID asook meegaande sertifikate en om u tot die ZABR Volksregister te voeg.

Die Tydelike Adviesraad het dit ook goedgedink om ons senior burgers (+70 jaar) tegemoet te kom met al die emansipasie dokumentasie deur hul ook die opsie te gee om nie deur die hele proses te gaan nie indien hulle dit op eie risiko so verkies.

Ons verwys elkeen vriendelik om tog die meriete van ons aanbeveling in ZAB_Ken_004 ernstig te oorweeg. Die keuse bly egter u eie om te maak.

Vriendelike Boer Groete

ZABR Tydelike Adviesraad.