
Boervolk-identiteit, onafhanklikheid en nie-verbondenheid.
by ZABR Admin

ZUID-AFRIKAANSCHE BOER REPUBLIEKE
Geagte Boervolk,
Die Tydelike Adviesraad van die Zuid-Afrikaansche Boer Republieke (ZABR) het ‘n belangrike formele kennisgewing uitgereik:
ZABR_Openb_Ken_007 – Formele Kennisgewing van Identiteit, Onafhanklikheid en Nie-Verbondenheid
Dit gee klaring van Boervolk-identiteit, is 'n uitnodiging tot eenheid en gee formele kennis van nie-verbondenheid met entiteite wat sonder mandaat die Boervolk verteenwoordig.
In hierdie dokument word die volgende duidelik gestel:
- Die Boervolk is ’n afsonderlike, soewereine inheemse volk met haar eie identiteit, geskiedenis en mandaat.
- Die ZABR is die enigste liggaam met ’n wettige, kollektiewe mandaat van die Boervolk.
- Geen politieke party, organisasie of individu het toestemming om sonder hierdie mandaat namens die Boervolk op te tree nie.
- Die ZA Boervolk distansieer haarself van enige entiteit wat die Boer-identiteit met die breër “Afrikaner”-identiteit vermeng of toe-eien.
- Hierdie kennisgewing word uitgereik in die gees van die Witvlag-proses – in vrede en goeie trou.
Lees die volledige dokument hier:
Dit is tyd dat die Boervolk haar eie stem duidelik en ordelik laat hoor.
Zuid-Afrikaansche Boer Republieke (ZABR) Tydelike Adviesraad 5 Julie 2026
