Stemlokaal

ZABR Stemlokaal - Waar die Boervolk se stem gehoor sal word, sodat die wêreld kennis moet dra!

Hierdie Stemlokaal is die eerste plek in meer as 120 jaar waar slegs die Boer en Boerin verteenwoordig mag word. Sedert 1902 is die stem van die Boervolk stilgemaak – nooit weer is daar ernstig geluister na hul stem nie, want hulle is nooit toegelaat om beheer oor hul eie politieke wil uit te oefen nie.

Waarom is dit belangrik?

Hierdie Stemlokaal is die eerste plek in meer as 120 jaar waar slegs die Boer en Boerin verteenwoordig mag word. Sedert 1902 is hul stem stilgemaak. Hierdie platform is geskep om die Boervolk in eenheid te verenig, haar soewereiniteit te verklaar, en onder selfbeskikking te leef. Hiervoor is die volk se insette en mandaat noodsaaklik – sodat daar ooreenkomstig opgetree kan word.

Waaroor word daar gestem?

Oor enige aspekte wat nodig is om:

  • die doelwitte van die Zuid-Afrikaanse Boervolk (ZAB) te verwesenlik;
  • die voortbestaan en toekoms van die Boervolk en hul nageslag te verseker.

Wie mag stem?

Slegs ’n lewende man of vrou wat:

  • verbind is tot die Boervolk en sy Geloftes van 16 Desember 1838 en 1880;
  • die Almagtige Vader en Sy Woord (die Bybel) as hoogste gesag erken;
  • hul verbind tot 'n suiwer en rasegte volk;
  • die Boererepublieke, taal, kultuur en geskiedenis as volkseie erken;
  • ouer as 16 jaar is; en
  • hulself as kieser aangemeld het by die stemlokaal.

Hoe meld ek aan as kieser?

Voltooi eenvoudig die Kiesers Inligtingvorm.

Hoe weet ek van ’n stemming?

Aankondigings sal in die toekoms hier op die webblad verskyn asook op die Kennisgewingsbord in HARTKLOP se Stemlokaal, 'n private Telegram afdeling waarop u geplaas sal word wanneer ons u voltooide Kieser Inligtingvorm ontvang het.

Stemmingstydperk

Stem is geldig vir 7 volle dae vanaf publikasie. Die sluitingsdatum sal vooraf aangekondig word. Geen laat stemme sal aanvaar word nie.

Waar stem ek?

Die stem word gedoen onder Stem in HARTKLOP se Stemlokaal.

Uitslae

Uitslae van stemme sal geplaas onder Uitslae in HARTKLOP se Stemlokaal.

Geldigheid van stemming

  • 70% of meer van geregistreerde kiesers moet deelneem.
  • Uitslae moet gekontroleer word.

Slotboodskap

Stemlokaal: Waar daar DEUR die Boer, OOR die Boer, VIR die Boer besluite geneem word!

"Daar kan net na die volk geluister word, indien die volk haar stem laat hoor!"

Om u stem uit te bring, versoek ons u om by die Stemlokaal aan te meld deur die Kiesers Inligtingvorm te voltooi.