
Boer Status Herstel

Herstel van U Status
“van DOOIE fiksie terug na LEWENDE man/vrou”
Hoekom is dit noodsaaklik om u status te herstel?
In die huidige stelsel van die sogenaamde “RSA Ingelyf” funksioneer die staat as ’n fiktiewe entiteit, gebaseer op statutêre jurisdiksie. Hierdie sisteem is slegs van toepassing op regsentiteite — nie op lewende man of vrou nie. Dit is hoekom u naam en van in u identiteits dokument in hoofletters geskryw word; dít is die regsentiteit wat geskep is met u geboortesertifikaat. Ook bekend as die strooiman. Dit is dus noodsaaklik om u status as lewende man of vrou van die Zuid-Afrikaansche Boer Republieke (ZABR) te herstel, sodat u gevoeg kan word tot die Zuid-Afrikaansche Boervolk (ZAB) — u ware volk en soewereine jurisdiksie.
Wanneer u binne die jurisdiksie van die RSA Ingelyf bly, aanvaar u stilweg hul gesag oor u. Dit beteken u stem in om as regs-entiteit — of sogenaamde strooiman — hanteer te word, en gevolglik verloor u u natuurlike regte, u reg op eiendom, en u reg op selfbeskikking.
Wat het regtig gebeur toe u gebore is?
Tydens u geboorte moes u naam aangeteken gewees het op grondvlak binne die jurisdiksie van die ZABR. In plaas daarvan is u naam geregistreer — in HOOFLETTERS — in 'n see-jurisdiksie, wat u effektief as 'n handelsvaartuig of regspersoon gelys het. Hierdie registrasie is nie ’n bewys van u menslikheid nie, maar eerder ’n kommersiële oordraginstrument waarmee handel gerdyf word.
U wettige naam (in hoofletters) is bloot ’n regsfiksie wat gebruik word om transaksies namens die staat te fasiliteer. Dit is hierdie entiteit wat as “bate” gebruik word vir internasionale skuldlenings, en waarop die staat sy finansiële aansprake maak — sonder dat u daarvan bewus is. Dra u hiervan kennis en dra dit u goedkeuring?
Waarom u status herstel?
Wanneer u u status herstel, tree u weer as ’n soewereine lewende man of vrou in die regmatige soewereine jurisdiksie van die ZABR. U verkry weer u geboortereg en verklaar u politieke status, sodat dit op die openbare rekord vasgelê word. Hierdie rekord is permanent, en dit bevestig onomwonde wie u is en tot watter volk u behoort. U sal sien dat hierdie proses sinneloos is wanneer dit deur die indiwidu gedoen word wat hom nie tot sy volk voeg nie. Binne volkerereg kom dit tot sy volle reg.
Hiermee neem u ook weer besit van u eiendom. Enige item wat u in die RSA Ingelyf geregistreer het — motorvoertuie, eiendom, kindergeboortes, ens. — is tegnies nie u eiendom nie, maar behoort aan die staat. Slegs gebruiksreg word aan u verleen. Deur u status te herstel, neem u weer die volle eienaarskap daarvan op. Dra u hiervan kennis en dra dit u goedkeuring?
Wat gebeur as u dit nie doen nie?
Indien u nie u status herstel nie, word u beskou as "vermis op see" en bly u regs-entiteit aktief binne die RSA se stelsel. Indien die RSA bankrot verklaar word (soos baie glo onvermeydelik is), sal u as borg vir hul skuld gebruik word — u spaargeld, eiendom en pensioene sal gekonfiskeer word om hul skuld te dek.
Verder, deur aan hul verkiesings deel te neem, ’n kieser te wees of lid van ’n politieke party te word, stem u in tot hul jurisdiksie. Dit herbevestig u status as ’n federale of statutêre burger van die RSA Ing., en u verbeur u herstelde geboorteregstatus. U stem ook in tot hul politieke stelsel en deur deel te neem, aanvaar u die "reëls van die spel". U kan nie kla as die "ander span" wen nie, hulle het bloot die "spel beter gespeel".
Die waarheid oor u geboortereg
Die dokumentasie wat ingedien word met u statusherstel skep nie ’n kontrak met die ZABR nie. Die ZABR administreer slegs Boer-volksgenote se soewereiniteit. U voeg u vrywillig tot die Zuid-Afrikaansche Boervolk en tree self weer in die status van ’n soewereine volksgenoot in. Niemand dwing u nie, en niemand keer u as u sou besluit om terug te keer na ’n statutêre stelsel nie.
Keuse en verantwoordelikheid
U het ’n keuse. Indien u gemaklik is om ’n onderdaan van die koningin of ’n volgeling van die pous te wees, is dit u reg — registreer eenvoudig weer as kieser binne die RSA ing. statutêre stelsel. Maar weet dan dat u regte, arbeid, en eiendom as roerende bates tot hul voordeel aangewend word, nie tot u eie nie.
Hierdie proses is nie vir almal aanvaarbaar nie. Sommige verkies die false sekuriteit van die “nanny state” bo die verantwoordelikheid van ware selfbestuur. En dit is ook reg so. Maar vir diegene wat hul ware status, volkskap en regmatige plek op hul geboortgrond wil herstel, bestaan daar 'n uitweg; ’n pad terug.
Wettigheid van die Herstel van Status Proses
Die Herstel van Status-proses — ook bekend as emansipasie — is nie ’n optrede buite hul sisteem nie, maar word ironies genoeg moontlik gemaak deur hul eie wetgewing. Dit is binne hul eie raamwerk opgestel, word deur hul instellings erken, en kan daarom nie wettig teengestaan word nie. Dit maak die proses, volgens hul eie bepalings, ten volle regsgeldig.
Sodra die dokumentasie wat u status herstel by verskeie RSA Staatsdepartemente bedien is, en dertig dae verloop het sonder teenkanting, word u — selfs in hul stelsel — erken as ’n soewereine lewende man of vrou. Hierdie soewereiniteit bring ’n belangrike regsimplikasie mee: as ’n soewereine, het hul howe geen jurisdiksie oor u as lewende man of vrou nie. U mag dan slegs in u eie Volkshof verskyn, onder die reg van u volk, waar die gemenereg (Common Law) en gewoontereg (Customary Law) toegepas word — ’n hoër gesag as die kommersiële/admiraliteitsreg wat in hul howe geld.
Slotgedagte
Die Herstel van Status is nie ’n speletjie of ’n teorie nie. Dit is ’n ernstige saak en 'n daad van selferkenning, vryheid en wettige korrektheid. U neem verantwoordelikheid vir wie u is, waarvoor u staan, en die erfenis wat aan u behoort. U neem die verantwoordelikheid teenoor u volk, nageslag en u Almagtige Skepper op, want dít is hoe Hy u geskape het. Nie as slaaf van 'n geldmag of 'n fiktiewe regsentiteit nie.
"Kom ons wees 'n volk vir ons Almagtige Hemelse Vader,soos wat ons aan Hom beloof het."
